- By U, o Here, skuil ek;
laat my nooit beskaamd staan nie.
Bevry my deur u geregtigheid. - Want U is my rots en my bergvesting;
en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur. - My tye is in u hand; red my
uit die hand van my vyande en van my vervolgers. - Laat u aangesig skyn oor u kneg,
verlos my deur u goedertierenheid. - O, Hoe groot is u goedheid
wat U weggelê het vir die wat U vrees,
wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil,
in teenwoordigheid van die mensekinders! - Wees sterk, en laat julle hart sterk wees,
almal wat op die Here wag!
Bybelvers van die dag
HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit,sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting,
my God op wie ek vertrou.






