- Keer terug na My, spreek die Here van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê die Here van die leërskare.
- Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die Here van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die Here.
Bybelvers van die dag
En hy het gesê:Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte.
Die Here is my rots en my bergvesting en my redder;
my God, my rots by wie ek skuil;
my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.






