- Want die Here gee wysheid,
uit sy mond kom kennis en verstand. - En Hy bewaar hulp vir die opregtes,
Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel. - Deurdat Hy die paaie van die reg bewaak
en die weg van sy gunsgenote bewaar. - Dan sal jy geregtigheid en reg verstaan
en regverdigheid — elke goeie pad.
Bybelvers van die dag
Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.Willekeurig Bybelvers
Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie,want sy barmhartighede het geen einde nie;
hulle is elke môre nuut;
u trou is groot.Volgende vers!Met beeld