DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Spreuke 3

  • MY seun, vergeet my onderwysing nie,
    en laat jou hart my gebooie bewaar;
    want dit sal lengte van dae en jare van lewe
    en vrede vir jou vermeerder.
  • Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;
    bind dit om jou hals,
    skryf dit op die tafel van jou hart,
    dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
    in die oë van God en die mense.
  • Vertrou op die Here met jou hele hart
    en steun nie op jou eie insig nie.
    Ken Hom in al jou weë,
    dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
  • Wees nie wys in jou eie oë nie;
    vrees die Here, en wyk af van die kwaad;
    dit sal genesing wees vir jou liggaam
    en verkwikking vir jou gebeente.
  • Vereer die Here uit jou goed
    en uit die eerstelinge van al jou inkomste.
  • My seun, verag die tug van die Here nie,
    en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
    want die Here tugtig hom wat Hy liefhet,
    ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
  • Gelukkig die mens wat wysheid gevind het,
    en die mens wat verstand verkry.
  • Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom
    as dit in jou mag is om dit te doen nie.
  • Wees nie afgunstig op 'n man van geweld
    en verkies geeneen van sy weë nie.
    Want die verkeerde is vir die Here 'n gruwel,
    maar sy verborgenheid is met die opregtes.

Bybelvers van die dag

Elke woord van God is gelouter;
Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.

Willekeurig Bybelvers

Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk