- Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.
- Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
- En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.
- Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
- Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
- En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
- En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
- En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.
- My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.