- Hy was verag en deur die mense verlaat,
'n man van smarte en bekend met krankheid;
ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg;
Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. - Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem,
en óns smarte — dié het Hy gedra;
maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag,
deur God geslaan en verdruk was. - Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,
ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;
die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Bybelvers van die dag
En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.Willekeurig Bybelvers
'n Vrolike hart bevorder die genesing,maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.Volgende vers!Met beeld






