- En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
- Ú, Here, sit vir ewig,
u troon is van geslag tot geslag. - En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
- Salig is die wat arm van gees is,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. - En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
- Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.
Bybelvers van die dag
Want 'n Kind is vir ons gebore,'n Seun is aan ons gegee;
en die heerskappy is op sy skouer,
en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman,
Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.
Willekeurig Bybelvers
God is vir ons 'n toevlug en sterkte;as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.Volgende vers!Met beeld






