- Die Here is my lig en my heil:
vir wie sou ek vrees?
Die Here is die toevlug van my lewe:
vir wie sou ek vervaard wees? - Al word 'n laer teen my opgeslaan,
my hart sal nie vrees nie;
al staan 'n oorlog teen my op,
nogtans vertrou ek. - Een ding het ek van die Here begeer,
dit sal ek soek:
dat ek al die dae van my lewe
mag woon in die huis van die Here,
om die lieflikheid van die Here te aanskou
en te ondersoek in sy tempel. - O, As ek nie geglo het
dat ek die goedheid van die Here sal sien
in die land van die lewendes nie. - Wag op die Here!
Wees sterk en laat jou hart sterk wees!
Ja, wag op die Here!
Bybelvers van die dag
My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.Willekeurig Bybelvers
God is vir ons 'n toevlug en sterkte;as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.Volgende vers!Met beeld






