DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Psalm 27

  • Die Here is my lig en my heil:
    vir wie sou ek vrees?
    Die Here is die toevlug van my lewe:
    vir wie sou ek vervaard wees?
  • Al word 'n laer teen my opgeslaan,
    my hart sal nie vrees nie;
    al staan 'n oorlog teen my op,
    nogtans vertrou ek.
  • Een ding het ek van die Here begeer,
    dit sal ek soek:
    dat ek al die dae van my lewe
    mag woon in die huis van die Here,
    om die lieflikheid van die Here te aanskou
    en te ondersoek in sy tempel.
  • O, As ek nie geglo het
    dat ek die goedheid van die Here sal sien
    in die land van die lewendes nie.
  • Wag op die Here!
    Wees sterk en laat jou hart sterk wees!
    Ja, wag op die Here!

Bybelvers van die dag

Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Willekeurig Bybelvers

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk