- Wie verstand verkry, het sy lewe lief;
hy wat insig bewaar, sal die goeie vind. - Huis en goed is 'n erfenis van die vaders,
maar 'n verstandige vrou is van die Here. - Wie die gebod hou, bewaar sy lewe;
hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe. - Baie planne is in 'n man se hart,
maar die raad van die Here, dié sal bestaan. - Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid;
en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.
Bybelvers van die dag
Vertrou op die Here met jou hele harten steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë,
dan sal Hý jou paaie gelykmaak.






