- Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie,
maar net daarin dat sy hart openbaar word. - Die lippe van die dwaas kom met getwis,
en sy mond roep na slae. - Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye,
en dit gly af na die kamers van die binneste. - Die Naam van die Here is 'n sterk toring;
die regverdige hardloop daarin en word beskut. - Die goed van die ryke is sy sterk stad
en soos 'n steil muur in sy verbeelding. - Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig,
maar nederigheid gaan aan die eer vooraf. - Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte
en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes. - Dood en lewe is in die mag van die tong;
en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. - Wie 'n vrou gevind het, het iets goeds gevind
en 'n welgevalle van die Here verkry. - 'n Man met baie vriende word geruïneer,
maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer.
Bybelvers van die dag
Die jong leeus ly armoede en het honger;maar die wat die Here soek,
het geen gebrek aan enigiets nie.