- Kindskinders is 'n kroon vir grysaards,
en vir die kinders is hulle vader 'n eer. - Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie,
hoeveel minder leuentaal by 'n edele! - Wie 'n oortreding bedek, soek liefde;
maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar. - Die vriend het altyd lief,
en die broer word gebore met die oog op die nood. - 'n Vrolike hart bevorder die genesing,
maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog. - Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word;
as hy sy lippe toehou, vir verstandig.