- Laat jou werke aan die Here oor,
dan sal jou planne uitgevoer word. - Liewer 'n bietjie met geregtigheid,
as 'n menigte van inkomste met onreg. - Die hart van die mens dink sy weg uit,
maar die Here rig sy voetstappe. - Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud,
en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer. - Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind;
en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig. - Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek:
soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente. - 'n Man van valse streke saai tweedrag,
en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar. - Die lankmoedige is beter as 'n held;
en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.
Bybelvers van die dag
Mag die Here onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie.Willekeurig Bybelvers
Laat my u goedertierenheid in die môre hoor,want op U vertrou ek;
maak my bekend die pad wat ek moet gaan,
want ek hef my siel op tot U.Volgende vers!Met beeld