- Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie,
en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie.
'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is. - As 'n skrandere die onheil sien, verberg hy hom;
maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf. - Yster slyp yster,
so slyp die een mens die persoon van die ander. - Soos in die water aangesig teenoor aangesig is,
so is die hart van die mens teenoor die mens.
Bybelvers van die dag
Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?Willekeurig Bybelvers
Loof die Here, o my siel,en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!Volgende vers!Met beeld






