- BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
- Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte.
- Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens.
- Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word.
- Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.
- Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
- Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
- Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
- Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
Bybelvers van die dag
Wie is dan tog die Erekoning?Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.
Willekeurig Bybelvers
O God, U is my God, U soek ek;my siel dors na U,
my vlees smag na U,
in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.Volgende vers!Met beeld