DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Gehoorsaamheid (4/4)

  • Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.
  • Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
  • Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
  • Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie,
    selfs sy gebed is 'n gruwel.
  • EK is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
  • Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen,
    en u wet is binne-in my ingewande.
  • En die Here het ons beveel om al hierdie insettinge te volbring, om die Here onse God te vrees, dat dit met ons altyd goed mag gaan, om ons in die lewe te hou soos dit vandag is.
  • Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.
  • Aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek — die ewige lewe.

Bybelvers van die dag

Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Geseënd is die man wat op die Here vertrou,
en wie se vertroue die Here is.
Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is
en sy wortels uitskiet by die stroom
en nie vrees as daar hitte kom nie,
maar sy blad bly groen;
en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie
en hou nie op om vrugte te dra nie.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk