- Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.
- Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
- WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.
- Want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
- Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
- En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.
Bybelvers van die dag
Vermoei jou nie om ryk te word nie,laat staan jou slimheid.
Willekeurig Bybelvers
Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan;Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.Volgende vers!Met beeld






