- Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.
- Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
- WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.
- Want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
- Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
- En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.
Bybelvers van die dag
WELGELUKSALIG is die manwat nie wandel in die raad van die goddelose
en nie staan op die weg van die sondaars
en nie sit in die kring van die spotters nie.
Willekeurig Bybelvers
Wees sterk, en laat julle hart sterk wees,almal wat op die Here wag!Volgende vers!Met beeld






