DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Levitikus

  • Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die Here.
  • Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie. Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.
  • En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die Here, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.
  • As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
  • En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die Here verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra.
  • My sabbatte moet julle hou en my heiligdom ontsien. Ek is die Here.
  • As hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het.
  • Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit 'n dag van volkome rus, 'n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie — dit is 'n sabbat van die Here in al julle woonplekke.

Bybelvers van die dag

Want u goedertierenheid is beter as die lewe;
my lippe moet U prys.
Só sal ek U prys my lewe lank,
in u Naam my hande ophef.

Willekeurig Bybelvers

Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk