- Vertrou op die Here, en doen wat goed is;
bewoon die aarde en beoefen getrouheid. - En verlustig jou in die Here;
dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. - Laat jou weg aan die Here oor
en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig
en jou reg soos die middag. - Swyg voor die Here en verwag Hom;
wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie,
op die man wat listige planne uitvoer nie. - 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter
as die rykdom van baie goddelose;
want die arms van die goddelose sal verbreek word,
maar die Here ondersteun die regverdiges. - Die goddelose leen en gee nie terug nie,
maar die regverdige ontferm hom en gee. - Deur die Here word die gange van 'n man bevestig,
en Hy het 'n welbehae in sy weg. - Want die Here het die reg lief
en sal sy gunsgenote nie verlaat nie;
vir ewig word hulle bewaar,
maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.
Bybelvers van die dag
En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.Willekeurig Bybelvers
Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;bind dit om jou hals,
skryf dit op die tafel van jou hart,
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
in die oë van God en die mense.Volgende vers!Met beeld






