- Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe;
wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang. - Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom,
maar die arme hoor geen dreigement nie. - Vermetelheid gee net getwis af;
maar by die wat hulle laat raai, is wysheid. - Goed wat uit niks verkry is, word minder;
maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer. - 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek;
maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom. - Gaan met die wyse om, dan word jy wys;
maar hy wat met dwase verkeer, versleg.
Bybelvers van die dag
En lei ons nie in versoeking nie,maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid
tot in ewigheid. Amen.
Willekeurig Bybelvers
En verlustig jou in die Here;dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.Volgende vers!Met beeld