DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Joël

  • En skeur julle hart en nie julle klere nie,
    en bekeer julle tot die Here julle God;
    want Hy is genadig en barmhartig,
    lankmoedig en groot van goedertierenheid,
    en Een wat berou het oor die onheil.
  • Maar selfs nou nog, spreek die Here,
    bekeer julle tot My met julle hele hart,
    en met vas en geween en rouklag.
  • Die wingerdstok het verdor,
    en die vyeboom het verwelk;
    die granaat, ook die palm en die appelboom,
    al die bome van die land het verdor;
    want beskaamd is die vreugde,
    weg van die mensekinders af.

Bybelvers van die dag

Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Willekeurig Bybelvers

Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk