DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Miga

  • Maar ek sal uitsien na die Here,
    ek wil wag op die God van my heil,
    my God sal my hoor.
  • Wie is 'n God soos U,
    wat die ongeregtigheid vergewe
    en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
    Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
    maar het 'n welbehae in goedertierenheid.
  • Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is;
    en wat vra die Here van jou
    anders as om reg te doen en liefde te betrag
    en ootmoedig te wandel met jou God?
  • Hy sal Hom weer oor ons ontferm,
    ons ongeregtighede vertree;
    ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.
  • EN jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat 'n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.

Bybelvers van die dag

Vermoei jou nie om ryk te word nie,
laat staan jou slimheid.

Willekeurig Bybelvers

Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk