DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Miga

  • Maar ek sal uitsien na die Here,
    ek wil wag op die God van my heil,
    my God sal my hoor.
  • Wie is 'n God soos U,
    wat die ongeregtigheid vergewe
    en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
    Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
    maar het 'n welbehae in goedertierenheid.
  • Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is;
    en wat vra die Here van jou
    anders as om reg te doen en liefde te betrag
    en ootmoedig te wandel met jou God?
  • Hy sal Hom weer oor ons ontferm,
    ons ongeregtighede vertree;
    ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.
  • EN jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat 'n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.

Bybelvers van die dag

Sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.

Willekeurig Bybelvers

Oefen die seun volgens die eis van sy weg;
dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk