- Kom die vermetelheid, dan kom die skande,
maar by die beskeidenes is wysheid. - Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier,
maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle. - Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie,
maar geregtigheid red van die dood. - Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf,
maar deur kennis word die regverdiges gered. - Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar,
maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak. - Die goddelose behaal oneerlike wins,
maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon. - Die siel wat seën, word versadig;
en hy wat laaf, word self ook gelaaf.
Bybelvers van die dag
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.Willekeurig Bybelvers
Alhoewel die vyeboom nie sal bloeien aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.Volgende vers!Met beeld






