- 'n Wyse seun verbly die vader,
maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder. - Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie,
maar geregtigheid red van die dood. - Seëninge is daar op die hoof van die regverdige,
maar die mond van die goddelose verberg geweld. - Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën,
maar die naam van die goddelose vergaan. - Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan,
maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val. - Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig,
maar hy wat sy weë krom maak, word bekend. - Haat verwek twiste,
maar liefde bedek al die oortredinge. - 'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem;
maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald. - Hy wat haat verberg, het valse lippe;
en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas. - By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie;
maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig. - Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer;
die hart van die goddelose is min werd. - Die seën van die Here — dit maak ryk,
en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie. - Die verwagting van die regverdiges is vreugde,
maar die hoop van die goddelose vergaan. - Die weg van die Here is vir die opregte 'n vesting,
maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid. - Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is,
maar die mond van die goddelose is pure valsheid.
Bybelvers van die dag
Wie is dan tog die Erekoning?Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.