- Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
- Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
- Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
- Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
- Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad.
- Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.
Bybelvers van die dag
LOOF die Here, roep sy Naam aan,maak onder die volke sy dade bekend.
Willekeurig Bybelvers
Alhoewel die vyeboom nie sal bloeien aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.Volgende vers!Met beeld






