- Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
- Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
- Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.
- Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad.
- Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
- En mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is.
- Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
- Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.
- Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
- Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery; dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer, nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie.
Bybelvers van die dag
Wie is dan tog die Erekoning?Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.
Willekeurig Bybelvers
Die siel wat seën, word versadig;en hy wat laaf, word self ook gelaaf.Volgende vers!Met beeld