- Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!
- Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.
- ONS moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word.
- En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!
- Waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.
- Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
Bybelvers van die dag
En aan U, o Here, behoort die goedertierenheid;want U vergeld elkeen na sy werk.
Willekeurig Bybelvers
Alhoewel die vyeboom nie sal bloeien aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.Volgende vers!Met beeld






