- Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.
- En ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
- Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping.
- Maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus.
- Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie.
- Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
- En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
- Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
Bybelvers van die dag
Die oë van die Here is op die regverdiges,en sy ore tot hulle hulpgeroep.