DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Psalm 42

  • Soos 'n hert wat smag na waterstrome,
    so smag my siel na U, o God!
  • My siel dors na God, na die lewende God;
    wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
  • Die vloed roep na die vloed
    by die gedruis van u waterstrome;
    al u bare en u golwe
    het oor my heengegaan.
  • Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied,
    en in die nag sal sy lied by my wees,
    'n gebed tot die God van my lewe.
  • Wat buig jy jou neer, o my siel,
    en wat is jy onrustig in my?
    Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
    die verlossing van my aangesig en my God!

Bybelvers van die dag

En hy het gesê:
Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte.
Die Here is my rots en my bergvesting en my redder;
my God, my rots by wie ek skuil;
my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.

Willekeurig Bybelvers

Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk