DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Psalm 42

  • Soos 'n hert wat smag na waterstrome,
    so smag my siel na U, o God!
  • My siel dors na God, na die lewende God;
    wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
  • Die vloed roep na die vloed
    by die gedruis van u waterstrome;
    al u bare en u golwe
    het oor my heengegaan.
  • Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied,
    en in die nag sal sy lied by my wees,
    'n gebed tot die God van my lewe.
  • Wat buig jy jou neer, o my siel,
    en wat is jy onrustig in my?
    Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
    die verlossing van my aangesig en my God!

Bybelvers van die dag

Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Willekeurig Bybelvers

En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk