- Ek wil die Here loof met my hele hart;
ek wil al u wonders vertel. - In U wil ek bly wees en juig;
ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste. - So is die Here dan 'n rotsvesting vir die verdrukte,
'n rotsvesting in tye van benoudheid. - En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou,
omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here!