- Die gras verdor, die blom verwelk;
maar die woord van onse God hou stand in ewigheid. - Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie?
'n Ewige God is die Here,
Skepper van die eindes van die aarde;
Hy word nie moeg of mat nie;
daar is geen deurgronding van sy verstand nie. - Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. - Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag;
hulle vaar op met vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat nie.