DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Aanmoediging (2/2)

  • Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.
  • Dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus.
  • Ek is dit wat julle troos!
    Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe,
    en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras?
  • Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.
  • Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.
  • Want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word; dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.
  • Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.

Bybelvers van die dag

Elke woord van God is gelouter;
Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.

Willekeurig Bybelvers

Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk