- As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
- Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.
- En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
- By die liefderyke betoon U Uself liefderyk,
by die opregte man opreg. - Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie — nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is; ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning.
- Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God,
lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.
Bybelvers van die dag
En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.Willekeurig Bybelvers
Want die Here gee wysheid,uit sy mond kom kennis en verstand.Volgende vers!Met beeld






