- Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge;
Hy weet wat in die duister is,
en die lig woon by Hom. - Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.
- Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was.
- U, God van my vaders, loof en prys ek,
want U het my wysheid en krag verleen,
en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het,
want die saak van die koning het U ons bekend gemaak. - Ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.
- Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
Bybelvers van die dag
En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.Willekeurig Bybelvers
Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;bind dit om jou hals,
skryf dit op die tafel van jou hart,
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
in die oë van God en die mense.Volgende vers!Met beeld






