- Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
- Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
- Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
- Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
- En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
- Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
- Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
- Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
- En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
- Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
- Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
Bybelvers van die dag
Wie is dan tog die Erekoning?Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.
Willekeurig Bybelvers
Die vriend het altyd lief,en die broer word gebore met die oog op die nood.Volgende vers!Met beeld