- Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep;
die Here het my verhoor in die ruimte. - Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie:
wat kan 'n mens my doen? - Dit is beter om by die Here te skuil
as om op mense te vertrou. - Dit is die dag wat die Here gemaak het;
laat ons daaroor juig en bly wees. - Ag, Here, gee tog heil;
ag, Here, gee tog voorspoed!
Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here!
Ons seën julle uit die huis van die Here.
Bybelvers van die dag
Laat my leer drup soos die reën,my woord vloei soos die dou,
soos reëndruppels op die grasspruitjies
en soos reënbuie op die plante.
Willekeurig Bybelvers
God is vir ons 'n toevlug en sterkte;as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.Volgende vers!Met beeld






