DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Siel

  • Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.
  • Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?
  • Ja, my siel is stil tot God;
    van Hom is my heil.
  • Wat buig jy jou neer, o my siel,
    en wat is jy onrustig in my?
    Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
    die verlossing van my aangesig en my God!
  • So spreek die Here:
    Staan op die weë,
    en kyk en vra na die ou paaie,
    waar tog die goeie weg is, en wandel daarin;
    en julle sal rus vind vir julle siel.
    Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.
  • En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
  • Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan.
  • Want Ú het my niere gevorm,
    my in my moeder se skoot geweef.
    Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is;
    wonderbaar is u werke!
    En my siel weet dit alte goed.
  • En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
  • En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
  • O God, U is my God, U soek ek;
    my siel dors na U,
    my vlees smag na U,
    in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.
  • Loof die Here, o my siel,
    en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
  • Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek:
    soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.
  • Ek wag op die Here;
    my siel wag, en ek hoop op sy woord.
  • O Here, red my siel van die valse lippe,
    van die bedrieglike tong!
  • Die wet van die Here is volmaak:
    dit verkwik die siel;
    die getuienis van die Here is gewis:
    dit gee wysheid aan die eenvoudige.
  • Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van die Here, julle beveel het, om die Here julle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.
  • My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer,
    en my siel, wat U verlos het.
  • En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die Here julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.
  • My siel dors na God, na die lewende God;
    wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
  • Wees net maar stil tot God, my siel,
    want van Hom is my verwagting!
  • Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Wie geregtigheid en weldadigheid najaag,
sal die lewe, geregtigheid en eer vind.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk