- Help ons, o God van ons heil,
om die eer van u Naam,
en red ons en doen versoening oor ons sondes
ter wille van u Naam. - Geloofd sy die Here!
Dag ná dag dra Hy ons;
God is ons heil! Sela. - Net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.
- Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
- My tye is in u hand; red my
uit die hand van my vyande en van my vervolgers. - Ek daarenteen sal aan U offer
met 'n stem van lof;
wat ek beloof het, sal ek betaal.
Die heil behoort aan die Here. - Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor,
en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos. - Die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word.
- Want die droefheid volgens die wil van God werk 'n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.
- Ag, Here, gee tog heil;
ag, Here, gee tog voorspoed!
Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here!
Ons seën julle uit die huis van die Here. - Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat 'n ander oordeel?
- Laat u aangesig skyn oor u kneg,
verlos my deur u goedertierenheid. - VROUE, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.
- En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God.
- En hulle sal My tot 'n eiendom wees, sê die Here van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos 'n man medelyde het met sy seun wat hom dien.