DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Redding (3/4)

  • Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.
  • So ver as die ooste verwyderd is van die weste,
    so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
  • Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek.
  • Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
  • Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel
    en jou sondes soos 'n wolk;
    keer terug na My, want Ek het jou verlos.
  • Want die Here is ons Regter,
    die Here is ons Aanvoerder,
    die Here is ons Koning:
    Hý sal ons verlos.
  • WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
  • Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
  • Die Here verlos die siel van sy knegte;
    en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.
  • Want so sê die Hoë en Verhewene
    wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam:
    Ek woon in die hoogte en in die heilige plek
    en by die verbryselde en nederige van gees,
    om te laat herlewe die gees van die nederiges
    en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.
  • Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
  • Die heil behoort aan die Here;
    laat u seën wees oor u volk! Sela.
  • Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.
  • MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef;
    en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
  • Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.
  • Waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete — deur die opstanding van Jesus Christus.
  • Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.
  • Maar ek sal uitsien na die Here,
    ek wil wag op die God van my heil,
    my God sal my hoor.
  • Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
  • Hy alleen is my rots en my heil,
    my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.
  • O Here, God van die leërskare, herstel ons;
    laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
  • HOE lieflik is op die berge die voete van hom
    wat die goeie boodskap bring,
    wat vrede laat hoor,
    wat goeie tyding bring,
    wat verlossing uitroep;
    wat aan Sion sê: Jou God is Koning!
  • EN toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
  • En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.
  • Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.

Help ons, o God van ons heil,
om die eer van u Naam,
en red ons en doen versoening oor ons sondes
ter wille van u Naam.
Lees meer...