DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Wet (2/5)

  • Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van die Here, julle beveel het, om die Here julle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.
  • En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.
  • Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
  • As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
  • Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
  • Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
  • En onderhou die ordening van die Here jou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe.
  • MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
  • Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
  • Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.
  • Die wat u wet liefhet, het groot vrede,
    en vir hulle is daar geen struikelblok nie.
  • Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
  • En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly: aan die Gees wat Hy ons gegee het.
  • Die wet van die Here is volmaak:
    dit verkwik die siel;
    die getuienis van die Here is gewis:
    dit gee wysheid aan die eenvoudige.
  • Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
  • Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
  • Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.
  • Julle moet die gebooie van die Here julle God en sy getuienisse en sy insettinge wat Hy jou beveel het, ywerig onderhou.
  • Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
  • As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
  • Ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.
  • Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.
  • HALLELUJA!
    Welgeluksalig is die man wat die Here vrees,
    wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.
  • Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan,
    maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.
  • MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

Willekeurig Bybelvers

En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk