DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Wet (3/5)

  • As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
  • Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan,
    maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.
  • Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie,
    want deur hulle het U my lewend gemaak.
  • Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat 'n ander oordeel?
  • Ek is vrolik in die weg van u getuienisse
    soos oor allerhande rykdom.
  • Ek is die Here julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit. En heilig my sabbatte; en hulle sal 'n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is.
  • Ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.
  • Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
  • Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.
  • Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
  • Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie, terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.
  • En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die Here verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra.
  • Neig my hart tot u getuienisse
    en nie tot winsbejag nie.
  • Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
  • Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
  • En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die Here jou God jou vir altyd sal gee.
  • En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
  • Die weg van die Here is vir die opregte 'n vesting,
    maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
  • Die hele inhoud van u woord is waarheid,
    en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
  • Wie die gebod hou, bewaar sy lewe;
    hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.
  • Toe sê die Here vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.
  • Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die Here.
  • Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
  • MY seun, vergeet my onderwysing nie,
    en laat jou hart my gebooie bewaar;
    want dit sal lengte van dae en jare van lewe
    en vrede vir jou vermeerder.
  • En in die ruimte wandel,
    want ek soek u bevele.

Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

Willekeurig Bybelvers

Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk