- Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
- Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid;
almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand.
Sy lof bestaan tot in ewigheid. - Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat 'n ander oordeel?
- Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie,
want deur hulle het U my lewend gemaak. - Ek is vrolik in die weg van u getuienisse
soos oor allerhande rykdom. - Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
- Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
- Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie, terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.
- En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die Here verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra.
- Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.
- Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.
- Ek is die Here julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit. En heilig my sabbatte; en hulle sal 'n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is.
- Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
- Die bevele van die Here is reg:
hulle verbly die hart;
die gebod van die Here is suiwer:
dit verlig die oë. - Neig my hart tot u getuienisse
en nie tot winsbejag nie. - En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
- Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die Here.
- Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
- Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê.
- Die hele inhoud van u woord is waarheid,
en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid. - Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
- En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die Here jou God jou vir altyd sal gee.
- MY seun, vergeet my onderwysing nie,
en laat jou hart my gebooie bewaar;
want dit sal lengte van dae en jare van lewe
en vrede vir jou vermeerder. - Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
- MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie.






