- Staan op, Here! o God, hef u hand op;
vergeet die ellendiges nie! - Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.
- Hoor, Here, my gebed,
en luister na my hulpgeroep;
swyg nie by my trane nie;
want ek is 'n vreemdeling by U,
'n bywoner soos al my vaders. - Terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.
- En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
- En vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe. - En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.
- En lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid
tot in ewigheid. Amen. - En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
- Gee ons vandag ons daaglikse brood.
- Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.
- EN toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan; en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n duif op Hom neergedaal; en 'n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek 'n welbehae.
- Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie,
selfs sy gebed is 'n gruwel. - Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit. En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die brokstukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.
- En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
- En Ek sal die huis van Juda sterk maak
en aan die huis van Josef hulp verleen
en hulle 'n woonplek aanwys,
want Ek ontferm My oor hulle;
en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie,
want Ek is die Here hulle God,
en Ek sal hulle verhoor.