- Ek wil die Here altyd loof;
sy lof sal altyddeur in my mond wees. - Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord
en my uit al my vrees gered. - Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor,
en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos. - Smaak en sien dat die Here goed is;
welgeluksalig is die man wat by Hom skuil! - Die jong leeus ly armoede en het honger;
maar die wat die Here soek,
het geen gebrek aan enigiets nie. - Bewaar jou tong vir wat verkeerd is,
en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie. - Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is;
soek die vrede en jaag dit na. - Die oë van die Here is op die regverdiges,
en sy ore tot hulle hulpgeroep. - Die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners,
om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei. - Hulle roep, en die Here hoor,
en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
Die Here is naby die wat gebroke is van hart,
en Hy verlos die wat verslae is van gees. - Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige,
maar uit dié almal red die Here hom. - Die Here verlos die siel van sy knegte;
en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.