- Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord
en my uit al my vrees gered. - BEWAAR, my seun, die gebod van jou vader,
en verwerp die onderwysing van jou moeder nie. - Maar ek sal uitsien na die Here,
ek wil wag op die God van my heil,
my God sal my hoor. - EK het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie;
Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie;
aan 'n nasie wat na my Naam nie genoem is nie,
het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek! - Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
- As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die Here wat jou gesond maak.
- Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.
- Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor,
en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos. - Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge. - EEN wat die tug liefhet, het kennis lief;
maar wie die teregwysing haat, is dom. - Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die Here van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die Here.
- Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.
- En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.
- Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie,
selfs sy gebed is 'n gruwel. - En Ek sal die huis van Juda sterk maak
en aan die huis van Josef hulp verleen
en hulle 'n woonplek aanwys,
want Ek ontferm My oor hulle;
en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie,
want Ek is die Here hulle God,
en Ek sal hulle verhoor. - En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.
Bybelvers van die dag
Wie is dan tog die Erekoning?Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.
Willekeurig Bybelvers
Kyk, hoe goed en hoe lieflik is ditdat broers ook saamwoon!Volgende vers!Met beeld