DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Vrede (2/2)

  • Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.
  • As dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
  • Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.
  • OMDAT ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus.
  • Want berge mag wyk en heuwels wankel,
    maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk
    en my vredeverbond nie wankel nie,
    sê die Here, jou Ontfermer.
  • Eer aan God in die hoogste hemele
    en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!
  • MY seun, vergeet my onderwysing nie,
    en laat jou hart my gebooie bewaar;
    want dit sal lengte van dae en jare van lewe
    en vrede vir jou vermeerder.
  • Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk;
    maar die wat vrede aanraai, het vreugde.
  • Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.
  • Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
  • MAG die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.
  • Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
  • En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
  • En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.
  • Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.

Bybelvers van die dag

En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk