- EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.
- En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
- Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.
- Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.
- LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan.
- Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.
- Wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here.
- Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
- Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie.
- Wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween.
- Wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie.
- As dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
- Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
- Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.