- Dink, Here, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede,
want dié is van ewigheid af.
Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie;
dink aan my na u goedertierenheid,
om u goedheid ontwil, o Here! - Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
- Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is.
- Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
- En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.
- Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is. - Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
- Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën,
maar die naam van die goddelose vergaan. - Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie.
- Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.
- Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
- WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
- Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie 'n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.
- As hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het.
- Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk,
maar die einde daarvan is weë van die dood. - Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
- Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
- Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.
- Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
- Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
- By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie;
maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig. - Ek het u woord in my hart gebêre,
dat ek teen U nie sal sondig nie. - Ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.
- Geregtigheid verhoog 'n volk,
maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies. - En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die Here verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra.
Bybelvers van die dag
Die sot verag die tug van sy vader,maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.
Willekeurig Bybelvers
Soos in die water aangesig teenoor aangesig is,so is die hart van die mens teenoor die mens.Volgende vers!Met beeld