DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Sonde (3/6)

  • En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die Here verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra.
  • Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
  • Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.
  • Ek het u woord in my hart gebêre,
    dat ek teen U nie sal sondig nie.
  • Geregtigheid verhoog 'n volk,
    maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.
  • Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
  • Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
  • Want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
  • Was julle, reinig julle,
    neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg,
    hou op om kwaad te doen.
  • Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,
    ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;
    die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
    en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
  • Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
  • OMDAT Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde.
  • En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
  • Die weg van die Here is vir die opregte 'n vesting,
    maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
  • EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.
  • Wie die gebod hou, bewaar sy lewe;
    hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.
  • Naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
  • Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.
  • Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel
    en jou sondes soos 'n wolk;
    keer terug na My, want Ek het jou verlos.
  • Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.
  • Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer
    in my gebrul die hele dag.
  • Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.
  • Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.
  • DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê.
  • Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

So ver as die ooste verwyderd is van die weste,
so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

Willekeurig Bybelvers

Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk