- Ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.
- Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
- Ek het u woord in my hart gebêre,
dat ek teen U nie sal sondig nie. - Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
- Geregtigheid verhoog 'n volk,
maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies. - Want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
- My sonde het ek U bekend gemaak,
en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.
Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely;
en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela. - Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
- Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,
ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;
die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. - Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
- Was julle, reinig julle,
neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg,
hou op om kwaad te doen. - Die weg van die Here is vir die opregte 'n vesting,
maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid. - EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.
- En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
- Wie die gebod hou, bewaar sy lewe;
hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe. - OMDAT Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde.
- Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.
- Naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
- Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel
en jou sondes soos 'n wolk;
keer terug na My, want Ek het jou verlos. - Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.
- Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer
in my gebrul die hele dag. - Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.
- DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê.
- So ver as die ooste verwyderd is van die weste,
so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. - Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.