DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Sonde (4/6)

  • So ver as die ooste verwyderd is van die weste,
    so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
  • En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou — moet jy hom vergewe.
  • Wie is 'n God soos U,
    wat die ongeregtigheid vergewe
    en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
    Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
    maar het 'n welbehae in goedertierenheid.
  • Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend;
    ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God
    as om te woon in die tente van goddeloosheid.
  • 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter
    as die rykdom van baie goddelose;
    want die arms van die goddelose sal verbreek word,
    maar die Here ondersteun die regverdiges.
  • En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.
  • Die goddelose behaal oneerlike wins,
    maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon.
  • Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
  • Want nouliks sal iemand vir 'n regverdige sterwe — vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe — maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
  • As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
  • In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.
  • Hy sal Hom weer oor ons ontferm,
    ons ongeregtighede vertree;
    ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.
  • En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.
  • Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge;
    Hy weet wat in die duister is,
    en die lig woon by Hom.
  • Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
  • Help ons, o God van ons heil,
    om die eer van u Naam,
    en red ons en doen versoening oor ons sondes
    ter wille van u Naam.
  • Die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners,
    om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.
  • God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.
  • Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word.
  • Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
  • Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte.
  • En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
  • Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
  • En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
  • OMDAT die oordeel oor 'n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen.

En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die Here is, spreek die Here Here, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

Willekeurig Bybelvers

Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk