DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Julie 2019)

Woensdag, 31 Julie 2019

Psalm 18:2-3En hy het gesê:
Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte.
Die Here is my rots en my bergvesting en my redder;
my God, my rots by wie ek skuil;
my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.

Dinsdag, 30 Julie 2019

Galasiërs 2:21Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.

Maandag, 29 Julie 2019

Sefanja 3:17Die Here jou God is by jou,
'n held wat verlossing skenk.
Hy verheug Hom oor jou met blydskap;
Hy swyg in sy liefde;
Hy juig oor jou met gejubel.

Sondag, 28 Julie 2019

Die Here open die oë van die blindes;
die Here rig die wat geboë is, op;
die Here het die regverdiges lief.

Saterdag, 27 Julie 2019

Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Vrydag, 26 Julie 2019

Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

Donderdag, 25 Julie 2019

Kom, laat ons aanbid en neerbuk;
laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.

Woensdag, 24 Julie 2019

Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

Dinsdag, 23 Julie 2019

Johannes 14:12Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Maandag, 22 Julie 2019

Psalm 82:3Doen reg aan die swakke en die wees;
gee aan die ellendige en die arme sy reg.

Sondag, 21 Julie 2019

1 Johannes 1:9As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Saterdag, 20 Julie 2019

Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Vrydag, 19 Julie 2019

Want U, o Here, is goed en vergewensgesind
en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.

Donderdag, 18 Julie 2019

Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Woensdag, 17 Julie 2019

2 Timoteus 4:7-8Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.

Dinsdag, 16 Julie 2019

Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie,
maar geregtigheid red van die dood.

Maandag, 15 Julie 2019

En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.

Sondag, 14 Julie 2019

Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

Saterdag, 13 Julie 2019

Psalm 27:4Een ding het ek van die Here begeer,
dit sal ek soek:
dat ek al die dae van my lewe
mag woon in die huis van die Here,
om die lieflikheid van die Here te aanskou
en te ondersoek in sy tempel.

Vrydag, 12 Julie 2019

Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.

Donderdag, 11 Julie 2019

En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.

Woensdag, 10 Julie 2019

Spreuke 15:5Die sot verag die tug van sy vader,
maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.

Dinsdag, 09 Julie 2019

Matteus 6:19-20MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie.

Maandag, 08 Julie 2019

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

Sondag, 07 Julie 2019

Psalm 119:114U is my skuilplek en my skild;
op u woord wag ek.

Saterdag, 06 Julie 2019

3 Johannes 1:4Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.

Vrydag, 05 Julie 2019

1 Timoteus 3:16En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot:
God is geopenbaar in die vlees,
is geregverdig in die Gees,
het verskyn aan engele,
is verkondig onder die heidene,
is geglo in die wêreld,
is opgeneem in heerlikheid.

Donderdag, 04 Julie 2019

Elke weg van 'n mens is reg in sy oë,
maar die Here toets die harte.

Woensdag, 03 Julie 2019

Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.

Dinsdag, 02 Julie 2019

1 Johannes 4:20As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?

Maandag, 01 Julie 2019

Swyg voor die Here en verwag Hom;
wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie,
op die man wat listige planne uitvoer nie.

Bybelvers van die dag

WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Here, U is my God!
U sal ek verhoog;
u Naam sal ek loof;
want U het wonders gedoen,
raadsbesluite uit ver tye,
waarheid en trou.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk