DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Augustus 2019)

Saterdag, 31 Augustus 2019

1 Johannes 2:24Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.

Vrydag, 30 Augustus 2019

Psalm 118:24Dit is die dag wat die Here gemaak het;
laat ons daaroor juig en bly wees.

Donderdag, 29 Augustus 2019

Deuteronomium 7:9Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.

Woensdag, 28 Augustus 2019

En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Dinsdag, 27 Augustus 2019

Psalm 8:5Wat is die mens dat U aan hom dink,
en die mensekind dat U hom besoek?

Maandag, 26 Augustus 2019

Jakobus 3:17Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

Sondag, 25 Augustus 2019

Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.

Saterdag, 24 Augustus 2019

O Here, hoor my gebed;
luister tog na my smekinge;
verhoor my in u trou, in u geregtigheid.

Vrydag, 23 Augustus 2019

Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

Donderdag, 22 Augustus 2019

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Woensdag, 21 Augustus 2019

Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word,
want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Dinsdag, 20 Augustus 2019

Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat 'n ander oordeel?

Maandag, 19 Augustus 2019

Omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Sondag, 18 Augustus 2019

Ek stel die Here altyddeur voor my;
omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.

Saterdag, 17 Augustus 2019

Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

Vrydag, 16 Augustus 2019

Markus 16:15En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Donderdag, 15 Augustus 2019

Psalm 103:17-18Maar die goedertierenheid van die Here is
van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees,
en sy geregtigheid vir kindskinders,
vir die wat sy verbond hou
en aan sy bevele dink om dié te doen.

Woensdag, 14 Augustus 2019

En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

Dinsdag, 13 Augustus 2019

Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Maandag, 12 Augustus 2019

Die Naam van die Here is 'n sterk toring;
die regverdige hardloop daarin en word beskut.

Sondag, 11 Augustus 2019

Romeine 14:8Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

Saterdag, 10 Augustus 2019

Genesis 1:1-2IN die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Vrydag, 09 Augustus 2019

Psalm 119:105U woord is 'n lamp vir my voet
en 'n lig vir my pad.

Donderdag, 08 Augustus 2019

EN neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.

Woensdag, 07 Augustus 2019

En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

Dinsdag, 06 Augustus 2019

Psalm 146:9Die Here behoed die vreemdelinge;
Hy rig wees en weduwee weer op;
maar die weg van die goddelose maak Hy krom.

Maandag, 05 Augustus 2019

En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

Sondag, 04 Augustus 2019

Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.

Saterdag, 03 Augustus 2019

Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here,
en kennis van die Heilige is verstand.

Vrydag, 02 Augustus 2019

1 Petrus 2:21Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg.

Donderdag, 01 Augustus 2019

Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.

Bybelvers van die dag

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk